Christelike Lektuurfonds

Christelike Lektuurfonds is 'n nie-winsgewende organisasie wat gratis en bekostigbare Christelike leesstof, meestal in die vorm van pamflette aan verskillende taal- en bevolkingsgroepe in Suid-Afrika en ook oor ons landsgrense heen verskaf. Benewens die verskeidenheid Christelike pamflette het CLF ook 'n aantal Christelike boeke met 'n missionêre fokus en bedieningsmateriaal vir kerke in Afrika. CLF se bediening vind in vennootskap met individue, gemeentes, bedieningsorganisasies en uitreikaksies plaas. Daar word jaarliks meer as 1.5 miljoen pamflette versend - lektuur wat lewens verander met Bybelsgefundeerde antwoorde op die vrae van die lewe.

Gratis Christelike pamflette

Gratis Christelike pamflette lees meer
Gratis Christelike pamflette lees meer
Gratis Christelike pamflette lees meer
Gratis Christelike pamflette lees meer
Gratis Christelike pamflette lees meer

CLF se Christelike pamflette is gratis, maar in beperkte hoeveelhede, beskikbaar. Vanweë die geweldige styging in druk- en versendingskoste is CLF genoodsaak om ’n beperking op bestellings te plaas om sodoende ten minste ’n gedeelte van elke bestelling te kan uitvoer. Maak asseblief seker dat u die pamflette in die taal van u keuse bestel. Sien die taalsleutel.

Daar is soveel geleenthede om pamflette te versprei en mense te bereik met CLF se lewensveranderende literatuur. Die karwag, die petroljoggie, 'n vriendin se kinders, 'n vriend, iemand in 'n ouetehuis, sit 'n pamflet in jou biblioteekboek voordat jy dit terugneem, los in een 'n publieke toilet, los een agter in die rekeninghouer saam met jou fooitjie in die restaurant - daar is soveel geleenthede en ons sal graag van julle wil hoor watter innoverende maniere julle gebruik om die Boodskap van die Bybel uit te dra.

CLF Monitor

Kliek hier om die jongste nuusbrief af te laai

Ander skakels