Getuienis en terugvoering

Oor die jare heen het CLF al talle getuienisse ontvang van mense wie se lewens deur die lektuur aangeraak is. As jy of iemand na aan jou se lewe ook deur CLF se lektuur verander is, vertel ons asseblief daarvan deur ’n e-pos te stuur na info@clf.co.za


Dankie vir die goeie werk wat u doen deur die Woord van die Here op u eiesoortige manier te verkondig met u literatuur en mag die Here u seën. ~ TR
Dit is die behoefte van my hart om u van harte te bedank vir die besondere aantreklike goeie kwaliteit leesstof wat u aanbied. Ek is ook verheug oor die wye verskeidenheid onderwerpe. Dis ’n voorreg om so iets in iemand se hand te sit. ~ AP
Baie dankie vir u pamflette wat ’n groot verskil maak. Ek is bykans 80 jaar oud en werk baie hard vir die Here, maar sonder u samewerking is dit onmoontlik. ~ JS
Ek wil u graag meedeel dat u leesstof ’n groot impak maak op my lewe en so ook die mense rondom my. ~ ZEO
Ek wil net baie dankie sê vir die pakkie. Ek het dit gister ontvang en is so opgewonde oor hierdie poging. Dit glo ek, as my hart dan so opgewonde is oor hierdie pamflette, hoe moet God nie voel oor die saak nie! ~ JA
Sterkte en geloof word u toegewens om met hierdie werk aan te gaan want die Boodskap moet ieder bereik. ~ HS
Baie dankie. Dit is fantastiese materiaal. ~ SW
Ek het een oggend by die werk gekom en oopgesluit en op die grond reg voor ons ingaan het een van julle pamflette gelê. Dit is so wonderlik dat God ons die regte pad wys.  ~ AR
Die pamflet is baie goed en ek sal dit vir seker uitdeel. Ek sal die Here vertrou om die regte persoon oor my pad te stuur. ~ TW
Dankie vir die Portugese pamflette. ’n Kelnerin hier om die hoek se oë het gestraal! ~ AM
Baie dankie vir al die moeite om die traktaatjies aan te stuur. Ons wil dit gebruik om elke Sotho-leerder daarmee toe te rus. ~ GW
Baie dankie vir die pamflette wat ek ’n rukkie gelede ontvang het. Ek het baie daarvan uitgedeel en die mense is baie angstig om daarvan te vat. So saai ons die saadjie. ~ HVN
Baie dankie vir u versending. Ek voel verlore sonder my traktaatjies. U doen wonderlike werk. Die Here se seën word julle toegebid. ~ JT
Is dit moontlik dat u my weer kan voorsien van leesstof? Ons deel dit onder mense uit. As ons maar net een siel tot God kan lei, maak dit alles die moeite werd. ~ CO
Ek wil graag vir Jesus getuig deur van u pamflette uit te deel onder die mense. Ek bid gewoonlik voordat ek die pamflette uitdeel sodat die regte mens dit sal neem. ~ IS
Ek is in die gevangenis en het drie dogters by die huis. Ek wil graag vir u pamflette vra wat ek aan hulle wil stuur om op die manier hulle in verbinding met God te hou. ~ AL
Ek doen hospitaalbesoek en hoewel ek by ons kerk pamflette kry, is dit te vinnig gedaan teen die tyd wat ek by die hospitaal kom. Almal wil hê! ~ ED
Dis is ons voorreg om weer aan u ’n bydrae te stuur omdat Christelike leesstof so belangrik is - veral ’n traktaatjie. Dit neem nie lank om te lees nie en God is getrou om sy kosbare Woord nie ledig te laat terugkeer nie.  ~ CT
Ek is 12 jaar oud en wil graag ’n verskil maak in mense se lewens. ~ KD
U het deur u bereidwilligheid om lektuur aan my te stuur, baie harte bly gemaak daardeur, want dit is met groot vreugde ontvang. Baie dankie dat u my in staat stel om die Here se woord ’n bietjie verder uit te dra.
Thank you so much for the parcel of tracts we found here at Roodepoort when we came from Zambia. We plan to return to Zambia where my wife and I are in mission work among children and leadership training. The tracts will be very useful in this work. May God bless you richly. ~ HH
Baie dankie vir almal wat getrou by CLF werk. So lank ons Vader my spaar, sal ek getrou vir julle bid. Ek sê ook dankie vir die getroue donateurs. Ons Vader het omgee-mense baie lief en hy sal julle seën tot in lengte van dae. ~ MvdM
Baie dankie dat julle my gehelp het om ’n verskil in my Gr 4 klas te maak. Die kinders het dit gelees en besef hoe lief God en Jesus hulle het. Almal gee toe ’n donasie vir julle om dankie te sê. ~ TM
Baie dankie vir die wonderlike werk wat julle doen en verrig. Ons ou mensies op gevorderde leeftyd waardeer opreg wat julle doen vir en met die verspreiding van die Woord en ander lektuur. Ons bid u sterkte en genade toe. ~ BV
I am a boy aged 14. I am writing for another supply of pamphlets focusing on Gospel. The last time I received a letter from you, I was blessed after finishing reading the pamphlets you sent me. Some of them I gave to my friends and they were also blessed. ~ A from Z
Hiermee wil ons jul hartlik bedank vir jul ondersteuning deur middel van Christelike lektuur wat jul aan ons geskenk het om in staat te gestel het om aan die vullishoopbewoners ’n heerlike Kersdag te kon gee. Die hele groepie wat ons op Kersdag bedien het hul harte vir die eerste keer of by herhaling aan die Here gegee en glo my dit was voorwaar ’n Christusfees. In my gees het ek ervaar hoe die engele jubel en juig in die hemel. Dink net daaraan: Die Here het hulle op die hoop geplaas om Hom, in daardie omstandighede, daar te kan ontmoet. Aan Hom al die eer.  ~ A van W

CLF Monitor

Kliek hier om die jongste nuusbrief af te laai

Ander skakels