CLF Vigstrust is tot stand gebring om 'n eie identiteit aan CLF se aksies in die stryd teen MIV en VIGS te gee.
CLF Vigstrust streef daarna om ondersteuning en bystand aan kerke, gemeenskappe, individue en medewerkers te bied deur die daarstelling van lektuur met 'n Bybelse boodskap.
Die Vigstrust ontwikkel ook vennootskappe tussen verskillende kerke, nie-regeringsorganisasies en regeringsdepartemente en kan dus so help om dienste en bronne te deel. Bemarking van dienste aan die ekumeniese gemeenskappe en ander gemeenskapsorganisasies in Suider-Afrika vind ook plaas deur die verskaffing van inligting en die uitstal van literatuur. Die Trust se dienste word ook bemark by kerkgeleenthede, sinodes, ringe en gemeentebyeenkomste.
Om voort te gaan om die dienste en lektuur van hierdie organisasie beskikbaar te stel, is volgehoue ondersteuning nodig, hetsy deur gebed of finansieel.
Hierdie organisasie sonder winsoogmerk wat geregistreer is as ‘n openbare weldaadsorganisasie het Artikel 18A status. Op grond van hierdie status is ons geregtig daarop om i.t.v. Artikel 18A van die belastingwet belastingsertifikate vir skenkings uit te reik omdat dit as ʼn aftrekking aan skenkers toegelaat word.
Per tjek:
Tjeks moet uitgemaak word aan CLF Vigstrust
Direkte deposito:
Betaal u donasie direk in die bankrekening van CLF Vigstrust.
Absa Bank
Rek Naam: CLF Vigstrust
Rek Nr: 405 555 8767
Takkode: 632005
Faks asb u bewys van betaling aan 021 864 3678 met u naam en telefoonnommer as verwysing sodat CLF u kan kontak om die nodige reëlings te tref m.b.t. dokumentasie.