Al ons Christelike pamflette kan gratis aanlyn bestel word, in beperktebeperkte hoeveelhede – kliek net op die pamfletkatalogus en plaas die wat u wil bekom, in die bestelmandjie. Hoewel pamflette gratis is, is dit u eie keuse of u ’n bydrae wil maak ten opsigte van die verpakkings- en versendingskoste. Dit sal ons in staat stel om weer ons voorraad aan te vul en sodoende aan ten minste ’n gedeelte van elke bestelling te voldoen. Die huidige beleid is 500 pamflette gratis elke ses maande. Vir bestellings bo hierdie hoeveelheid, stuur asb ’n e-pos na info@clf.co.za
CLF het ’n beperking op hoeveelhede vir bestellings geplaas omdat die stygende druk- en versendingskoste dit onmoontlik maak om aan die geweldige hoeveelheid bestellings te voldoen.
U persoonlike besonderhede sal vir geen ander doel gebruik word nie behalwe om u bestelling en donasie te prosesseer. Lees asseblief ons aanlyn-privaatheidsbeleid vir volle besonderhede van die bepalings en voorwaardes wat geld by die gebruik van hierdie webtuiste.
U is welkom om ’n direkte deposito in ons bankrekening te maak – óf by enige tak van ABSA óf via u internetbankdienste. Gebruik asseblief u naam as verwysing na die begunstigde om ons te help om die bestellings te rekonsilieer.
Ons bankbesonderhede is:
Absa Bank
Tak: Paarl
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 470 188 502
Pos tjeks of posorders, uitgemaak aan CLF, na Privaatsak X19, Wellington, 7654. Groot bestellings en bestellings buite Suidelike Afrika: kontak ons asseblief by publisher@clf.co.za om aflewering te reël.
Deur hierdie webtuiste te gebruik, stem u toe tot die voorwaardes van ons Beleid oor Aanlyn-privaatheid en ook tot die prosessering van die persoonlike inligting deur CLF vir die doel soos hieronder uiteengesit.
Ons het u volle naam, adres, telefoonnommer en e-posadres nodig om die bestelling te prosesseer en te kontroleer. Ons beloof dat ons volgens die strengste standaarde vir sekuriteit enige inligting wat u met ons deel, sal beveilig en beskerm.
Bykomend tot persoonlike inligting, verkry ons ook anonieme besoekerinligting soos internetprotokol(IP) adresse, webblaaiertipes (soos Internet Explorer of Netscape), verwysingsblaaie, webtuistebesoeke en die tyd wat op die webtuiste deurgebring word. Hierdie niepersoonlike identifiseerbare inligting word gebruik om ’n anonieme statistiese analise van die besoekpatrone op ons webtuiste te maak, om ons webtuiste en diensverskaffers te administreer, asook om ons diens te verbeter. Hierdie inligting kan nie gebruik word om enige individu te identifiseer nie.
Ons webtuiste mag ook "koekies" (cookies) en ander tegnologie inspan wat kan dien om persoonlike inligting te herroep wat vroeër deur ’n besoeker op ons webtuiste aangedui is. Die meeste webblaaiers stel u in staat om koekies te beheer, insluitend om dit te aanvaar of nie en hoe om dit te verwyder.
Ons mag van tyd tot tyd e-posse aan jou stuur om nuwe projekte en aanbiedings bekend te stel. U kan in enige stadium in die toekoms kies om geen verdere e-posse van CLF te ontvang nie. Om u naam van ons e-poslys te verwyder stuur asseblief ’n e-pos aan publisher@clf.co.za deur "verwyder" in die onderwerplyn te tik.
As u enige kommentaar of vrae oor ons beleid oor aanlyn-privaatheid het, kontak ons asseblief.