CLF se publikasie, Kom stap saam is 'n boek met Bybelverhale vir kinders - vanaf voorskool tot hoërskool - en vir alle beginnerlesers. Die belangrikste Bybelverhale word boeiend oorvertel, op so 'n manier dat dit nie net kennis oordra nie, maar ook geloof help vorm en kinders uitnooi tot gesprek. Kom stap saam is 'n nuttige boek vir godsdiensonderrig in skole, jeugbediening en kategese by kerke en geloofs- opvoeding in ouerhuise. Dis spesiaal geskryf vir die verskillende taal- en kultuurgroepe van Suidelike Afrika; daarom beplan CLF om dit in verskillende tale uit te gee.
Deur die getrouheid van ons Liewe Vader se voorsiening en die ruimhartige bydraes van ons donateurs kon CLF Kom stap saam in ses tale uitgee en beskikbaar stel teen die bekostigbare prys van R49.95. Die Afrikaans het reeds 'n herdruk beleef. Die ander tale is Engels, seSotho, isiXhosa, isiZulu en seTswana. Verdere vertalings word oorweeg, maar daar is nie tans befondsing hiervoor beskikbaar nie.
Kom stap saam is instrumenteel in die godsdiensonderrig vir elke kind. Bestel vandag nog 'n kopie vir u kind of iemand na aan u.
Help ons om hierdie boek bekostigbaar in die hande van kinders te plaas sodat hulle ook kan leer van die liefde van Jesus.
Baie dankie aan elkeen wat dit moontlik gemaak het om hierdie publikasie beskikbaar te stel. 'n Spesiale woord van dank aan die gemeentes wat bydraes gemaak het.