CLF maak staat op die ondersteuning van mede-gelowiges wat graag Jesus se opdrag wil uitvoer: "Gaan uit, die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die hele mensdom" – Markus 16:15
Hierdie ondersteuning kan deur gebed asook finansiële ondersteuning wees.
U kan u finansiële ondersteuning op een van die volgende maniere doen:
Donasie deur direkte inbetaling
Donasie deur Debietorder
Donasie deur Kredietkaart
Donasie deur Tjek
Testamentêre Bemakings
Hoe wend CLF donasies aan?
Die behoefte droog nie op nie - die middele om daarin te voorsien, wel. Help CLF om ons droom te verwesenlik - om die Boodskap van die Bybel deur die christelike geloof na almal te neem - in hul eie taal.
Donasie deur direkte inbetaling
U kan u geskenk direk in CLF se bankrekening betaal.
Bank: ABSA
Rekeningnaam: Christelike Lektuurfonds
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 470 188 502
Meld as u naam as verwysing of as u reeds ’n donateur van CLF is, u unieke verwysingsnommer. Indien u ’n verwysingsnommer wil bekom, stuur ’n e-pos met u volle naam en adres na info@clf.co.za
Druk hierdie vorm uit, vul u besonderhede in en faks dit na 021 864 3678 of epos na info@clf.co.za.
Kliek hier om die debietordermagtigingsvorm af te laai.
Kliek hier om 'n aanlyn donasie te maak. aanlyn donasies
Pos tjeks of posorders, uitgemaak aan CLF, na Privaatsak X19, Wellington 7654. Groot bestellings en bestellings buite Suidelike Afrika: kontak ons asseblief by publisher@clf.co.za om aflewering te reël.

Baie mense verkies om in hul testament ’n bemaking te bewillig aan een of meer liefdadigheidsorganisasie of kerklike instelling. Dit verlig nie net die belastinglas op u boedel nie, maar stel hierdie organisasies in staat om voort te gaan met hul waardevolle gemeenskaps- of koninkryksdiens.
U testament is die enigste betroubare manier om te verseker dat u wense na u dood uitgevoer word en maak ook voorsiening vir die versorging van u naasbestaandes.
Hoekom moet u CLF oorweeg vir ’n bemaking?
CLF is ’n organisasie wat sedert 1957 gratis Christelike lektuur aan mense bring in hul eie taal. Daar is talle getuienis van mense wie se lewe ingrypend hierdeur verander is. Maar om voort te gaan met lewensveranderende lektuurbediening, is CLF afhanklik van die bydraes van mede-gelowiges. Ongeveer 1.6 miljoen Christelike pamflette in bykans twintig tale word jaarliks deur CLF gedruk en versprei op straat, op plase, tehuise, townships, kantore, fabrieke, winkelsentrums, spreekkamers, hospitale, gevangenisse, hawens en skepe. Deur u bemaking aan CLF kan u verseker dat die goeie werk voortgaan en Jesus se laaste opdrag waargemaak word:
Gaan uit, die hele wêreld in en verkondig die Evangelie aan die hele mensdom – Mark 16:15
U bydrae, hoe klein of groot ook al, kan nou reeds help om hierdie leesstof oral te versprei en die onbereiktes te bereik om hul lewe te verander met die Bybelse Boodskap.
Testamente en kodisil
’n Getuienis is een van die noodsaaklikste en belangrikste dokumente in elkeen van ons se lewe. Dit is eenvoudig om op te stel, maar nie so eenvoudig dat u dit self moet probeer doen nie. Raadpleeg gerus u bank, versekering- of beleggingsadviseur of prokureur.
U kan ook ’n kodisil tot u getuienis voeg waarin bepaal word dat ’n bemaking uit u boedel aan CLF bewillig word. Ons kan nie u testament of kodisil namens u hanteer nie, maar sal u graag besoek, raadgee, verwys na kundiges en die kodisil dokument voorsien indien versoek. Onthou gerus ook dat u enige tyd weer u getuienis kan wysig indien u omstandighede verander. U kan die bemaking verhoog, verlaag of selfs kanselleer.
Hoe bestuur CLF fondse uit bemakings?
Indien u dit verkies en dit so in u testament of ’n kodisil bepaal is, sal u bemakingsbydrae na u afsterwe in ’n bemakingsreserwefonds gestort word. Dit beteken dat die kapitaal nie geraak word nie, maar dat slegs die opbrengs van die belegging aangewend word om Christelike leesstof te druk en te versprei.
Andersins word bemakingsbydraes regstreeks aangewend vir Christelike pamflette om in mense se onmiddellike geestelike nood te voorsien.
Op beide maniere leef u nalatenskap voort en dra dit steeds by om die Evangelieboodskap uit te dra.
Kliek hier om die kodisil-dokument af te laai.

CLF is gestig met die doel om leesstof gratis onder die verskillende taal- en bevolkingsgroepe van Suider-Afrika, Afrika en die res van die wêreld te versprei. Lektuur verspreiding is egter maar net ’n deel van ’n omvattende lektuur bediening, waarby elke gelowige betrokke kan raak. CLF se bediening vind in vennootskap met individue, gemeentes, bedieningsorganisasies en uitreikaksies plaas. Dit funksioneer nie afsonderlik langs die kerk se aksies nie, maar is ondersteunend deel daarvan.
CLF se leesstof rus gelowiges toe en inspireer hulle om die Boodskap van die Bybel entoesiasties oor te dra. Dit moedig Christene aan om hul dissipelskap in die kerk uit te leef. Christelike pamflette is ’n evangelisasie hulpmiddel wat die aanknoping en ondersteuning bied vir ’n geestelike gesprek wat die verspreiding van die leesstof ondersteun. Dit verseker die doeltreffendheid en sukses van die uitreikaksie.
CLF se leesstof maak dit vir elke Christen moontlik en maklik om ’n getuie van Christus te wees. Inisieer of raak dus betrokke by ’n lektuur bediening. Neem die voortou om u gemeente of uitreikaksie te mobiliseer om CLF en lektuur bediening deel te maak van jul pogings. Skakel ons by CLF om u daarmee te help.
Die behoefte droog nie op nie – die middele om daarin te voorsien, wel. Maar, u kan sorg dat daar deurlopend Christelike leesstof geskep, gedruk en versprei kan word deur diegene wat in die veld staan.
Met die stygende druk- en versendingskoste, word dit egter al hoe moeiliker om in die groot aanvraag van lektuur te voorsien en dit is slegs deur die vrygewige bydraes van ons ondersteuners wat CLF in staat is om steeds hierdie lektuur gratis te voorsien. As u ’n donasie kan maak tot die diens wat ons lewer, sal u ons help om voort te gaan om in hierdie groeiende aanvraag in Christelike leesstof te voorsien. Hiermee sal u verseker dat mense wat nie Christelike boeke en tydskrifte kan bekostig nie, steeds toegang tot geestelike en inspirerende leesstof sal hê.
Ons vra u dus om ’n donasie te oorweeg. Gebruik die bostaande metodes van betaling.