Meer oor Christelike Lektuurfonds

CLF is in 1957 deur dr. Abraham Dekker gestig met die doel om Christelike leesstof en traktaatjies gratis onder die verskillende taal- en bevolkingsgroepe van Suider-Afrika, Afrika en die res van die wêreld te versprei. Oor die jare heen was daar talle getuienisse van mense wie se lewe deur die lektuur van CLF verander is.

Dit was nog altyd ons missie om lektuur te ontwikkel, te voorsien en te versprei wat aantreklik en leesbaar is en wat die belangrikste aktuele sake aanspreek van die Christelike geloof. Vandag het die traktaatjies plek gemaak vir kleurvolle pamflette en die onderwerpe wat behandel word is Skrifgefundeerd, aktueel en op die man af.

’n Wye verskeidenheid onderwerpe word breedvoerig in die katalogus uiteengesit. Hierdie leesstof word gratis beskikbaar gestel vir gebruik deur gelowiges in uitreikaksies, op straat en op plase, tehuise en townships, kantore en fabrieke, spreekkamers, hospitale, klinieke, gevangenisse, hawens en op skepe – oral waar onbereiktes bereik kan word om hul lewe te verander met die Boodskap van die Bybel.

CLF het egter ook ’n aantal missionêr gerigte produkte. Volg hierdie skakel om ons Christelike boeke wat tans beskikbaar is te sien.

CLF se droom is om die Boodskap van die Bybel na almal in hul eie taal te neem. God is getrou en maak daagliks donateurs se harte oop om die droom te ondersteun. Ons loof Hom vir sy getrouheid.

CLF Monitor

Kliek hier om die jongste nuusbrief af te laai

Ander skakels