Vat hande met CLF en maak die droom om EEN miljoen Bybels aan
EEN miljoen kinders te gee, 'n werklikheid!
DIE BOEK: In God se kinders Verhale uit die Bybel, vertel emeritus aartsbiskop Desmond Tutu meer as vyftig van sy gunstelingverhale uit die Bybel. Die besielende teks word visueel aangevul deur 'n buitengewone span van die voorste illustreerders ter wêreld. Dit verseker dat hierdie Kinderbybel wêreldwyd aanklank sal vind. CLF glo dit is belangrik - nie net om kinders die inhoud van die Bybel te leer nie, maar ook om hulle te help om dit van toepassing op hul lewe en omgang met ander kinders van God te maak. Ons hoop dat kinders hul geloof prakties sal uitleef en daardeur waardes sal vestig wat die leiers van môre moreel sal toerus. Hiermee bly CLF getrou aan die missie van die afgelope 53 jaar om die Boodskap van die Bybel na almal te neem met gratis en bekostigbare lektuur in hul eie taal.
Die verlore skaap Noag se ark
 
Die boek is beskikbaar in Afrikaans, Engels, Sotho, Xhosa, Zulu en Tswana. Die een miljoen Bybels vir een miljoen kinders-projek gee individue, besighede, kerke en organisasies die geleentheid om 'n Kinderbybel aan kinders te skenk.
 
CLF het 'n lys van skole wat by hierdie projek sal baat vind. Skole sal op 'n roterende basis per provinsie soos donasies ontvang word, Bybels ontvang. Indien jy egter verkies om 'n spesifieke skool te nomineer, lig CLF asseblief dienooreenkomstig in.