Christelike Leesstof

Kategorie:

  • Die Gees waai soos God  wil

    Die Gees waai soos God wil

    VAF045

    Boeke

    Prys: R79.95

    Die bundel is saamgestel om die 150 jarige bestaan van Pinksterbidure te gedenk. Hierin word ‘n aantal van die heel besondere reekse en preke van onlangse jare publiseer, soos byvoorbeeld die reeks van Prof Willie Jonker van 1988, maar ook preke of reekse geskryf deur ‘n verskeidenheid medewerkers soos, Proff Jaap Durand, Elna Mouton, Klippies Kritzinger, Di. Jimmy de Wet, Barend Vos en Drs. Johan Botha, Andries Cilliers, ens. Die nuwe reeks van Prof Dirkie Smit verskyn ook in die bundel. Daar verskyn ook twee artikels in die bundel oor die invloed van Pinksterbidure op die NG kerkfamilie en die historiese gegewe rondom die ontstaan daarvan, geskryf deur Dr Eddie Orsmond en Ds Dawid Botha (snr). Hierdie is ‘n baie besondere publikasie wat ‘n rykdom aan materiaal bied vir almal wat betrokke is by Woordbediening – ‘n skatkis waaruit lank na Pinkster 2011 geput kan word.

  • U woord is 'n lamp

    U woord is 'n lamp

    VAF011

    Boeke

    Prys: R32.50

    Die gewilde boek deur prof Jaap Durand is hersien. Dit is ‘n onontbeerlike hulpmiddel as geestelike toerusting vir alle ouderdomsgroepe. Dit bied materiaal oor die dieper waarhede van die Christelike geloof wat maklik verstaanbaar is.

    Ook beskikbaar in:

  • Die wind en die vuur

    Die wind en die vuur

    VAF039

    Boeke

    Prys: R42.50

    Agt Bybelstudies uit Handelinge oor die Heilige Gees geskryf deur prof Piet Meiring.

  • 'n Nuwe tyd vir gewone mense

    'n Nuwe tyd vir gewone mense

    VAF040

    Boeke

    Prys: R25

    ‘n Bundel met gesprekke oor gedeeltes uit Lukas en Handelinge. Dit is bedoel vir die gewone mense in die kerk, vir leraars, maar ook vir evangeliste, ouderlinge en ander gemeenteleiers, vir manne en vroue wat leiding moet neem by Bybelstudies, Pinkster- en ander bidure en byeenkomste. Dis bedoel vir deurlees en nadink. Op ’n vars manier en uit ’n nuwe hoek kyk Pieter na ’n klompie bekende verhale. Hy ontdek opnuut dat die evangelie regtig bedoel is vir gewone mense, mense soos ek en jy. Dit is op ’n besondere wyse vir veral die armes, diegene wat weet hoe afhanklik hulle is – wat die Here Jesus gekom het. En dis vir sulke mense wat Hy ons oë kom oopmaak het.

  • Geseend is die vredemakers

    Geseend is die vredemakers

    VAF042

    Boeke

    Prys: R45,00

    Agt Bybelstudies wat handel oor die pad na versoening met voorbeelde van ware verhale wat in gemeenskappe plaasgevind het.

  • God se Kinders

    God se Kinders

    AFRTUT

    Boeke

    Prys: R69.95

    In Kinders van God - Bybelverhale vertel aartsbiskop Desmond Tutu meer as vyftig van sy gunstelingverhale uit die Ou en die Nuwe Testament. Die lieflike en besielende teks word visueel aangevul deur 'n buitengewone span van party van die voorste illustreerders ter wêreld, wat verseker dat hierdie Storiebybel wêreldwyd sal aanklank vind. Elke storie wys hoe God in en deur die geskiedenis werk en word afgesluit met 'n kort gebed. Sodoende word die boodskap in die kind se eie lewe tuisgebring.

    Hierdie Kinderbybel dra die Boodskap van God se droom vir sy mense uit - die omgee-God wat lief is vir ons, wat ons vergewe en al ons verskille wat ons maak wie ons is, vier. Die inhoud fokus op die opvoedkundige metodologie van Christenwees as 'n leefstyl. Die teks is geslags-, etnies en kultuursensitief. Die algehele tema is verhoudings en rekonsiliasie en waar moontlik, word dit in die illustrasies in die emosionele en fisiese konneksie uitgebeeld.

    Ook beskikbaar in:

  • God se Kinders - Koop 'n boek, borg 'n boek

    God se Kinders - Koop 'n boek, borg 'n boek

    AFRTUTB

    Boeke

    Prys: R100.00

    In Kinders van God - Bybelverhale vertel aartsbiskop Desmond Tutu meer as vyftig van sy gunstelingverhale uit die Ou en die Nuwe Testament. Die lieflike en besielende teks word visueel aangevul deur 'n buitengewone span van party van die voorste illustreerders ter wêreld, wat verseker dat hierdie Storiebybel wêreldwyd sal aanklank vind. Elke storie wys hoe God in en deur die geskiedenis werk en word afgesluit met 'n kort gebed. Sodoende word die boodskap in die kind se eie lewe tuisgebring.

    Hierdie Kinderbybel dra die Boodskap van God se droom vir sy mense uit - die omgee-God wat lief is vir ons, wat ons vergewe en al ons verskille wat ons maak wie ons is, vier. Die inhoud fokus op die opvoedkundige metodologie van Christenwees as 'n leefstyl. Die teks is geslags-, etnies en kultuursensitief. Die algehele tema is verhoudings en rekonsiliasie en waar moontlik, word dit in die illustrasies in die emosionele en fisiese konneksie uitgebeeld.

    Ook beskikbaar in:

  • Kom stap saam

    Kom stap saam

    KSSAF

    Boeke

    Prys: R49.95

    Kom stap saam is ’n boek met Bybelverhale vir kinders - vanaf voorskool tot hoërskool - en vir alle beginnerlesers. Die belangrikste Bybelverhale word boeiend oorvertel, op so ’n manier dat dit nie net kennis oordra nie, maar ook geloof help vorm en kinders uitnooi tot gesprek. Kom stap saam is ’n nuttige boek vir godsdiensonderrig in skole, jeugbediening en kategese by kerke en geloofsopvoeding in ouerhuise. Dis spesiaal geskryf vir die verskillende taal- en kultuurgroepe van Suidelike Afrika; daarom beplan CLF om dit in verskillende tale uit te gee.

  • Boekmerke vir kinders

    Boekmerke vir kinders

    VKBCHI

    Boekmerke

    Prys: R20

    Ideale vir gebruik in Sondagskoolklasse. Boekmerk met gebede. Ses in ‘n pakkie, drie verskillende ontwerpe x 2. Afrikaans met Engels op die keersy.

    Ook beskikbaar in:

  • God se kinders - Jaar 1

    God se kinders - Jaar 1

    VAF005

    Boeke

    Prys: R55

    Handboek vir senior kategese van die VGK, jaar 1.

    Ook beskikbaar in:

  • God se kinders – Jaar 2

    God se kinders – Jaar 2

    VAF006

    Boeke

    Prys: R55

    Handboek vir senior kategese van die VGK, jaar 2.

    Ook beskikbaar in:

  • Jong kinders en aanbidding

    Jong kinders en aanbidding

    VAF010

    Boeke

    Prys: R150

    Die metodes wat in dié boek beskryf word is gebaseer op die ervaring van die skrywers en sal van onskatbare waarde vir Sondagskoolonderwy-sers en kategete wees om kinders te help om aanbidding te verstaan en aktief  deel te neem. Vir meer inligting skakel Edna Pick by 021 862 1235.

  • Gestuurdes saam, met woord en daad

    Gestuurdes saam, met woord en daad

    VAF047

    Boeke

    Prys: R49.50

    In sy kenmerkende gemaklike skryfstyl skryf Prof Dons Kritzinger oor ons roeping tot sending. Hy besin oor belangrike vrae - wat is die doel van sending, wat behels dit, wie stuur, wie word gestuur? Gaan dit oor wat ons behoort te wees of behoort te doen?

  • Ek is ... waardevol

    Ek is ... waardevol

    VAF044

    Boeke

    Prys: R45

    ‘n Dagstukkieboek wat tot die hart spreek van elkeen wat soms moedeloos en waardeloos voel. Op eenvoudige, dog treffende manier lig Christina Landman elkeen se waarde uit volgens die Woord. Hierdie is ‘n moet-hê vir jouself en ‘n fantastiese geskenk vir iemand na aan jou.

  • Met Jesus by die werk

    Met Jesus by die werk

    VAF016

    Boeke

    Prys: R19.95

    Bybelstudiegids uit Markus. Kort Bybelstudies, ideaal vir Bybelstudie by die werk.

  • Bemoedigende boekmerke

    Bemoedigende boekmerke

    VKBBM

    Boekmerke

    Prys: R20.00 vir 10

    Pakkie met 10 verskillende bemoedigende boekmerke in Afrikaans en Engels. Packet with 10 different encouraging bookmarks in English and Afrikaans.

  • Kerskaartjies

    Kerskaartjies

    VKBKK

    Kaartjies

    Prys: R20.00

    Reeks Kerskaartjies met verskeie ontwerpe, poskaartgrootte, met spasie om jou eie boodskap te skryf.

  • Verjaardagkaartjies

    Verjaardagkaartjies

    VKBVJ

    Kaartjies

    Prys: R20.00 vir 10

    10 verskillende ontwerpe verjaardagkaartjies, poskaartgrootte. Slegs Afrikaans

CLF Monitor

Kliek hier om die jongste nuusbrief af te laai

Ander skakels