In Kinders van God - Bybelverhale vertel aartsbiskop Desmond Tutu meer as vyftig van sy gunstelingverhale uit die Ou en die Nuwe Testament. Die lieflike en besielende teks word visueel aangevul deur 'n buitengewone span van party van die voorste illustreerders ter wêreld, wat verseker dat hierdie Storiebybel wêreldwyd sal aanklank vind. Elke storie wys hoe God in en deur die geskiedenis werk en word afgesluit met 'n kort gebed. Sodoende word die boodskap in die kind se eie lewe tuisgebring.
Hierdie Kinderbybel dra die Boodskap van God se droom vir sy mense uit - die omgee-God wat lief is vir ons, wat ons vergewe en al ons verskille wat ons maak wie ons is, vier. Die inhoud fokus op die opvoedkundige metodologie van Christenwees as 'n leefstyl. Die teks is geslags-, etnies en kultuursensitief. Die algehele tema is verhoudings en rekonsiliasie en waar moontlik, word dit in die illustrasies in die emosionele en fisiese konneksie uitgebeeld.

Kom stap saam is ’n boek met Bybelverhale vir kinders - vanaf voorskool tot hoërskool - en vir alle beginnerlesers. Die belangrikste Bybelverhale word boeiend oorvertel, op so ’n manier dat dit nie net kennis oordra nie, maar ook geloof help vorm en kinders uitnooi tot gesprek. Kom stap saam is ’n nuttige boek vir godsdiensonderrig in skole, jeugbediening en kategese by kerke en geloofsopvoeding in ouerhuise. Dis spesiaal geskryf vir die verskillende taal- en kultuurgroepe van Suidelike Afrika; daarom beplan CLF om dit in verskillende tale uit te gee.
Handboek vir senior kategese van die VGK, jaar 1.
Handboek vir senior kategese van die VGK, jaar 2.
Die metodes wat in dié boek beskryf word is gebaseer op die ervaring van die skrywers en sal van onskatbare waarde vir Sondagskoolonderwy-sers en kategete wees om kinders te help om aanbidding te verstaan en aktief deel te neem. Vir meer inligting skakel Edna Pick by 021 862 1235.
Die gewilde boek deur prof Jaap Durand is hersien. Dit is ‘n onontbeerlike hulpmiddel as geestelike toerusting vir alle ouderdomsgroepe. Dit bied materiaal oor die dieper waarhede van die Christelike geloof wat maklik verstaanbaar is.
Ons begin, die eerste boek in die Vertel, vertel!-reeks deur Susan Goosen het pas verskyn. Dit is geskryf met die oog op geloofsvorming by groepe kinders van 7 tot 16 jaar. Vanuit ’n benadering waar daar sterk klem gelê word op die vertel en oorvertel van die Bybelse verhale, word die verhale hier skrifgetrou, maar ook baie boeiend vertel. ’n Helder prentjie van die gebeure word in die gedagtes van die luisteraars geteken (verbeeldingryke luister) en deur oorvertel vasgelê. Kinders word by die verhaal ingetrek. Dit sluit nou aan by die “oral learning” beweging waarin die waarde en vreugde van die luister na verhale en die oorvertel daarvan wêreldwyd herontdek word. Hierdie reeks word ook in verskillende tale versprei, vir verskillende kontekste. Dit is maklik en eenvoudig geskryf. Dit is ’n opwindende, nuwe benadering en word sterk aanbeveel vir Sondagskool, jeugbediening en selfs die geloofsonderrig in gesinne. Selfs studente of volwasse groepe kan met groot vrug van die boek gebruik maak.
The popular book written by prof Jaap Durand is a wonderful source for senior catechism classes or individuals who wishes to strengthen their knowlege of the Bible.
| Hoev. | Naam | Prys |
|---|---|---|
| 1 | Omusha Owaphenduka | R 0.00 |
| 1 | Wie is die Jehovasgetuies? | R 0.00 |
| 1 | O ka tsamaya le Modimo! | R 0.00 |
| 1 | Christen en Moesliem - goeie bure | R 0.00 |
| 1 | Seven Words from the Cross – a reflection on Passover | R 39.50 |
| 1 | Kies die lewe | R 0.00 |
| 1 | Parenting - a journey of love | R 45.00 |
| 1 | Police and fear | R 0.00 |
| Totaal : R 84.50 | ||
| Betaal | ||
| Verwerp | ||