Christelike Leesstof

Kategorie: Kinders en Jeug

  • God se Kinders

    God se Kinders

    AFRTUT

    Boeke

    Prys: R69.95

    In Kinders van God - Bybelverhale vertel aartsbiskop Desmond Tutu meer as vyftig van sy gunstelingverhale uit die Ou en die Nuwe Testament. Die lieflike en besielende teks word visueel aangevul deur 'n buitengewone span van party van die voorste illustreerders ter wêreld, wat verseker dat hierdie Storiebybel wêreldwyd sal aanklank vind. Elke storie wys hoe God in en deur die geskiedenis werk en word afgesluit met 'n kort gebed. Sodoende word die boodskap in die kind se eie lewe tuisgebring.

    Hierdie Kinderbybel dra die Boodskap van God se droom vir sy mense uit - die omgee-God wat lief is vir ons, wat ons vergewe en al ons verskille wat ons maak wie ons is, vier. Die inhoud fokus op die opvoedkundige metodologie van Christenwees as 'n leefstyl. Die teks is geslags-, etnies en kultuursensitief. Die algehele tema is verhoudings en rekonsiliasie en waar moontlik, word dit in die illustrasies in die emosionele en fisiese konneksie uitgebeeld.

    Ook beskikbaar in:

  • God se Kinders - Koop 'n boek, borg 'n boek

    God se Kinders - Koop 'n boek, borg 'n boek

    AFRTUTB

    Boeke

    Prys: R100.00

    In Kinders van God - Bybelverhale vertel aartsbiskop Desmond Tutu meer as vyftig van sy gunstelingverhale uit die Ou en die Nuwe Testament. Die lieflike en besielende teks word visueel aangevul deur 'n buitengewone span van party van die voorste illustreerders ter wêreld, wat verseker dat hierdie Storiebybel wêreldwyd sal aanklank vind. Elke storie wys hoe God in en deur die geskiedenis werk en word afgesluit met 'n kort gebed. Sodoende word die boodskap in die kind se eie lewe tuisgebring.

    Hierdie Kinderbybel dra die Boodskap van God se droom vir sy mense uit - die omgee-God wat lief is vir ons, wat ons vergewe en al ons verskille wat ons maak wie ons is, vier. Die inhoud fokus op die opvoedkundige metodologie van Christenwees as 'n leefstyl. Die teks is geslags-, etnies en kultuursensitief. Die algehele tema is verhoudings en rekonsiliasie en waar moontlik, word dit in die illustrasies in die emosionele en fisiese konneksie uitgebeeld.

    Ook beskikbaar in:

  • Kom stap saam

    Kom stap saam

    KSSAF

    Boeke

    Prys: R49.95

    Kom stap saam is ’n boek met Bybelverhale vir kinders - vanaf voorskool tot hoërskool - en vir alle beginnerlesers. Die belangrikste Bybelverhale word boeiend oorvertel, op so ’n manier dat dit nie net kennis oordra nie, maar ook geloof help vorm en kinders uitnooi tot gesprek. Kom stap saam is ’n nuttige boek vir godsdiensonderrig in skole, jeugbediening en kategese by kerke en geloofsopvoeding in ouerhuise. Dis spesiaal geskryf vir die verskillende taal- en kultuurgroepe van Suidelike Afrika; daarom beplan CLF om dit in verskillende tale uit te gee.

  • Vertel, vertel! Boek 1 Ons begin

    Vertel, vertel! Boek 1 Ons begin

    VER1A

    Boeke

    Prys: R60

    Ons begin, die eerste boek in die Vertel, vertel!-reeks deur Susan Goosen het pas verskyn. Dit is geskryf met die oog op geloofsvorming by groepe kinders van 7 tot 16 jaar. Vanuit ’n benadering waar daar sterk klem gelê word op die vertel en oorvertel van die Bybelse verhale, word die verhale hier skrifgetrou, maar ook baie boeiend vertel. ’n Helder prentjie van die gebeure word in die gedagtes van die luisteraars geteken (verbeeldingryke luister) en deur oorvertel vasgelê. Kinders word by die verhaal ingetrek. Dit sluit nou aan by die “oral learning” beweging waarin die waarde en vreugde van die luister na verhale en die oorvertel daarvan wêreldwyd herontdek word. Hierdie reeks word ook in verskillende tale versprei, vir verskillende kontekste. Dit is maklik en eenvoudig geskryf. Dit is ’n opwindende, nuwe benadering en word sterk aanbeveel vir Sondagskool, jeugbediening en selfs die geloofsonderrig in gesinne. Selfs studente of volwasse groepe kan met groot vrug van die boek gebruik maak. 

  • Boekmerke vir kinders

    Boekmerke vir kinders

    VKBCHI

    Boekmerke

    Prys: R20

    Ideale vir gebruik in Sondagskoolklasse. Boekmerk met gebede. Ses in ‘n pakkie, drie verskillende ontwerpe x 2. Afrikaans met Engels op die keersy.

    Ook beskikbaar in:

Jou Bestelmandjie

Hoev. Naam Prys
1Omusha OwaphendukaR 0.00
1Wie is die Jehovasgetuies?R 0.00
1O ka tsamaya le Modimo!R 0.00
1Christen en Moesliem - goeie bureR 0.00
1Seven Words from the Cross – a reflection on PassoverR 39.50
1Kies die leweR 0.00
1Parenting - a journey of loveR 45.00
1Police and fearR 0.00
Totaal : R 84.50
Betaal
Verwerp

CLF Monitor

Kliek hier om die jongste nuusbrief af te laai

Ander skakels