Die bundel is saamgestel om die 150 jarige bestaan van Pinksterbidure te gedenk. Hierin word ‘n aantal van die heel besondere reekse en preke van onlangse jare publiseer, soos byvoorbeeld die reeks van Prof Willie Jonker van 1988, maar ook preke of reekse geskryf deur ‘n verskeidenheid medewerkers soos, Proff Jaap Durand, Elna Mouton, Klippies Kritzinger, Di. Jimmy de Wet, Barend Vos en Drs. Johan Botha, Andries Cilliers, ens. Die nuwe reeks van Prof Dirkie Smit verskyn ook in die bundel. Daar verskyn ook twee artikels in die bundel oor die invloed van Pinksterbidure op die NG kerkfamilie en die historiese gegewe rondom die ontstaan daarvan, geskryf deur Dr Eddie Orsmond en Ds Dawid Botha (snr). Hierdie is ‘n baie besondere publikasie wat ‘n rykdom aan materiaal bied vir almal wat betrokke is by Woordbediening – ‘n skatkis waaruit lank na Pinkster 2011 geput kan word.
| Hoev. | Naam | Prys |
|---|---|---|
| 1 | Omusha Owaphenduka | R 0.00 |
| 1 | Wie is die Jehovasgetuies? | R 0.00 |
| 1 | O ka tsamaya le Modimo! | R 0.00 |
| 1 | Christen en Moesliem - goeie bure | R 0.00 |
| 1 | Seven Words from the Cross – a reflection on Passover | R 39.50 |
| 1 | Kies die lewe | R 0.00 |
| 1 | Parenting - a journey of love | R 45.00 |
| 1 | Police and fear | R 0.00 |
| Totaal : R 84.50 | ||
| Betaal | ||
| Verwerp | ||