Bid vir Suid-Afrika: Dag 36

on
  • Font size: Larger Smaller
  • Print

Die dominee se belydenis

Skrifgedeeltes vir nadenke: Ef. 2:13; Gal. 6:15; 1 Pet. 2:9; Open. 5:9; 7:9; Gen. 12:22; Gen. 17:20; Ps. 33:12; Pred. 14:34; Jes. 26:2; Jer. 18:7–8; Hand. 10:34–35.

Jy hoor die versugting elke dag: Waar is die Christene in ons land? Wanneer gaan hulle opstaan en hul lig laat skyn? Meer as 80 % van alle Suid-Afrikaners sê dat hulle aan ’n kerk behoort, bely dat hulle Jesus Christus as Verlosser aanvaar. En dit moet tog ’n verskil aan die land en sy probleme maak! Dit maak ’n mens skaam as jy besef hoe min verskil dit maak dat daar Christene in die land is, hoe min gelowiges werklik verantwoordelikheid vir die samelewing om hulle neem. Praat in die gebedsgroep daaroor: watter verskil sal dit nie maak as die Christene in ons land op alle gebiede – politiek en besigheid, op die sportveld, in kunskringe, in skole en univer-siteite, oral in die samelewing – werklik sout van die aarde en lig vir die wêreld sou wees nie! 

In Oos-Afrika het ’n dominee sy eie verantwoordelikheid so ernstig opgeneem dat hy dit as sy geloofsbelydenis op die muur van sy rondawel geskryf het, vir almal om te sien: “I’m part of the fellowship of the unashamed. I have stepped over the line; the decision has been made: I’m a disciple of Jesus! I won’t look back, let up, slow down, back away or be still. My past is redeemed, my present makes sense, my future is secure. I no longer need to be praised, regarded or rewarded. My face is set, my gait is fast, my goal is heaven, my road is narrow, my way is rough, my companions are few, my Guide reliable. I cannot be bought, compromised, detoured, lured away, turned back, deluded or delayed. I will not flinch in the face of sacrifice, hesitate in the presence of the enemy, ponder at the pool of popularity or meander in the maze of mediocrity. I am a disciple of Jesus. I must go on till He comes and will work till He stops me. When He comes for His own, He will have no problem recognizing me”. Sien jy kans om die dominee se verbintenis jou eie te maak? As al wat Christen in die land dit doen, moet dinge mos anders word!

Hemelse Vader, U is die Vader van alle nasies. Ons bring Suid-Afrika in gebed voor U. U het ons gelei om ’n nasie te word waar daar vryheid vir alle mense moontlik is. Ons het egter ons verantwoordelikheid versaak om toe te sien dat ons ’n nasie bou wat in u wil wandel en u gebooie en instruksies gehoorsaam. Vergewe ons, asseblief. Ons bid dat geregtigheid in Suid-Afrika herstel sal word. Mag die mense van Suid-Afrika wegdraai van hulle verkeerde weë en mag hulle begin leef volgens u geregtigheid en heiligheid. Ons bid dat die Kerk volgens u standaard van heiligheid sal lewe. Mag die Kerk elke persoon in Suid-Afrika oortuig om in u reg en geregtigheid te lewe. Ons bid vir die leiers van ons nasie. Ons bid dat hulle met integriteit sal regeer. Wil U jong leiers oprig wat dié sal leer om volgens u geregtigheid te lewe. Bewaar ons van persone met bedrog, valsheid en boosheid as oogmerke. Verwyder geweld en haat uit ons uit. Laat ons ’n nasie wees wat U Naam eer. Amen

Gebedspunte:

  1. Bid vir wysheid, waagmoed en integriteit vir die leiers van ons nasie.
  2. Bid dat ons regstelsel die Here se geregtigheid sal vertoon.
  3. Bid vir ons jeug. Bid dat leiers na vore sal tree wat ons nasie met geregtigheid en reg as standaard sal kan lei.
Last modified on

Comments

Christian Literature Fund
Copyright © CLF 2018 |  Website by: GHYD