• Home
  • Blog
  • Bernard
  • Christelike Lektuurfonds stel nuwe slimfoon-toepassing bekend

Christelike Lektuurfonds stel nuwe slimfoon-toepassing bekend

on
  • Font size: Larger Smaller
  • Print

Christelike Lektuurfonds is beide trots en opgewonde oor die nuwe slimfoon-toepassing (toep) wat in Junie 2016 bekendgestel is. Hierdie nuwe ontwikkeling gee aan Christelike Lektuurfonds en ons vennote die geleentheid om die Evangelie van Jesus aan ʼn onbereikte geslag lesers te bring – persone wat om welke rede uitgesluit was om die boodskap van hoop asook die krag van die Here in hulle lewens te ervaar.

Met behulp van hierdie produk kry elke persoon wat die toep op sy/haar slimfoon of tablet aflaai, onmiddelik gratis toegang tot Christelike inhoud oor ʼn wye verskeidenheid van onderwerpe. Die meerderheid van Christelike Lektuurfonds se Engelse pamflette is in gewysigde formaat op die toep beskikbaar. Daar is tans meer as vyftig pamflette gelaai, maar hierdie getal sal in die toekoms toeneem soos nuwe publikasies vrygestel word. Die inhoud is ingedeel volgens onderstaande kategorieë: Maatskaplike vraagstukke, Geloofsgroei en Gemeentetoerusting – voorwaar Christelike wysheid en bemoediging vir elke denkbare vraagstuk.

Die toep dien as ʼn kragtige hulpmiddel om die uithoeke van wêreld te bereik met die Boodskap van die Bybel. Veral waar dit moeilik is om sendingwerk te doen vanweë finansiële, logistieke en politieke struikelblokke. Met behulp van die toep kan enige persoon binne ʼn minuut toegang verkry tot Christelike Lektuurfonds se kosbare leesstof. Nie net in Suid-Afrika nie, maar selfs ook oor die grens van lande en kontinente. Gevolglik kan ʼn persoon in Malawi of iemand in China se lewe deur die druk van ʼn paar knoppies op die toep ten goede verander!

Dit is belangrik om te verstaan die toep nie Christelike Lektuurfonds se huidige produkte vervang of op enige wyse daarmee meeding nie. Die nodigheid om na iemand uit te reik met ʼn gedrukte pamflet of boek sal altyd bestaan. Nie alleen omdat baie lesers hierdie medium verkies nie, maar ook omdat nie almal bevoorreg is om slimfone en tablette te besit en toegang tot die internet te hê nie. Elke Christelike Lektuurfonds produk, hetsy digitaal of gedruk, het egter die gemeenskaplike doel om hoop te bring en harte te verander – al verskil die medium en die formaat.

Huidiglik is die toep beskikbaar vir beide Android of Apple fone. Enige persoon kan die toep gratis aflaai deur na AppStore of Google Play te gaan, die letters ‘clf’ in die soekblokkie te tik en wanneer jy die Christelike Lektuurfonds toep sien (kyk vir die Christelike Lektuurfonds-logo), te klik op “Installeer”. Indien jy enige navrae rakende bogenoemde stappe het kan jy ʼn e-pos stuur na bernard@clf.co.za.

Last modified on

Comments

Christian Literature Fund
Copyright © CLF 2018 |  Website by: GHYD