• Home
  • Blog
  • Bernard
  • Pragpublikasie, Die avonture van Maria en Braam, bekendgestel

Pragpublikasie, Die avonture van Maria en Braam, bekendgestel

on
  • Font size: Larger Smaller
  • Print

Die boekbekendstelling van Christelike Lektuurfonds se pragpublikasie, Die avonture van Maria en Braam, het Woensdag 8 Junie plaasgevind te Markplein, NGK Stellenberg.

Die boek is geskryf deur Tinus van Zyl en handel oor twee maats, Maria en Braam, wat met behulp van die geheimsinnige Oom Storie, ʼn verdeelde gemeenskap inspireer om met nuwe oë na mekaar te kyk. Die kinders word deur die verhaal bewus gemaak dat elkeen, ongeag hulle verskille, deel van God se storie is en moet leer om saam te staan.

Die bekroonde kunstenaar Alzette Prins, wat verantwoordelik was vir die sprokiesmooi illustrasies wat op elke bladsy pryk, het tydens die geleentheid meer vertel van die kreatiewe proses en hoe die verhaal haar geïnspireer het. Kosbare bydraes is ook gelewer deur Dr Eddie Orsmond (namens Christelike Lektuurfonds) en Dr Elize Morkel (namens die Seisoen van Menswaardigheid). Beide sprekers het die verhaal se boodskap van deernis en versoening treffend uitgelig en die gehoor uitgedaag om God se storie ʼn werklikheid in ons land te maak.

Die publikasie word ondersteun deur die Seisoen van Menswaardigheid en word uitgegee in vyf tale naamlik: Afrikaans, Engels, Sotho, Xhosa en Zoeloe. Hierdie storieboek is bedoel vir ál God se kinders en kan per e-pos bestel word by order@clf.co.za of aanlyn by http://bit.ly/1tfUgow

Last modified on

Comments

Christian Literature Fund
Copyright © CLF 2018 |  Website by: GHYD