Blog posts tagged in Spiritual Leader

Posted on

Die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie het Christene regoor die land in rep en roer deur hul hofaansoek dat ses openbare skole landwyd hul Christelike etos moet laat vaar.

Hulle voer aan dat die Grondwet godsdiensvryheid waarborg en dat daar teen leerders gediskrimineer word wat aan ander godsdienste behoort of geen godsdiens beoefen nie.

In verweer het die betrokke skole aangevoer dat geen leerder verplig word om aan enige aktiwiteite van ’n Christelike aard deel te neem nie. Ook dat opvoeding gekenmerk word deur ’n sekere etos en leerders daarsonder, blootgestel word aan ’n omgewing sonder morele waardes wat aanleiding kan gee tot kriminele neigings en ander wandade.

Die saak, wat ʼn waterskeiding saak vir geloofsvryheid in Suid-Afrika kan word, sal heel waarskynlik eindig in die Konstitusionele Hof.

Last modified on

Christian Literature Fund
Copyright © CLF 2018 |  Website by: GHYD