Blog posts tagged in Vertel Vertel

Posted on

Susan Goosen, bekende skrywer, opvoedkundige en ma van drie, lewer ’n beduidende bydrae tot die Christelike Lektuurfonds (CLF) deur boeke soos die Vertel, Vertel!-reeks en projekte soos Een Miljoen Bybels vir Een Miljoen Kinders.

Dit het alles begin toe CLF haar gekontak het om die boek Kom Stap Saam, geskryf deur Annalou Marais, oor te skryf. Sy het dit baie geniet om saam met CLF te werk en van daar af het die geleentheid vir meer projekte ontstaan. Sy glo dat CLF hulself onderskei van ander uitgewers deur goeie en bekostigbare geestelike materiaal te versprei aan alle Suid-Afrikaners, iets wat haar baie na aan die hart lê. Volgens haar het geestelike leesstof al in die verlede so baie vir haar beteken, dat dit vir haar ’n groot voorreg is om by ’n organisasie betrokke te wees wat daarmee gemoeid is. Sy geniet dit vernaam om met die CLF-span te werk omdat hulle kreatiwiteit en passie aan die dag lê in alles wat hulle aanpak.

 

Last modified on

Christian Literature Fund
Copyright © CLF 2018 |  Website by: GHYD