Recent blog posts

Posted on
Bid vir Suid-Afrika: Dag 16

As kulture (en tale) bots …

Skrifgedeeltes vir tot nadenke: Gen. 1:26–27; Rom. 12:4–5; Hand. 17:24–28; Kol. 3:8–15.

Gister het ons met mekaar daaroor gepraat dat dit moeilik is om ou gevestigde denk-patrone te verander. Om van wat jy het, oortuigings wat vir jou deur die jare op jou pad begelei het, afskeid te neem, is nie maklik nie. Die proses word nog ingewikkelder as dit om die botsing van kulture gaan. Ons leef in ’n wonderlike land met baie mense en ’n verskeidenheid van kulture. Om van al die baie tale nie eers te praat nie! Al die tale en kulture kan ons lewe interessant maak – en ons Suid-Afrikaanse samelewing op baie maniere verryk. Maar kulturele verskille kan dinge ook deurmekaarkrap. Voorbeelde van hoe mense mekaar misverstaan het en hoe spanning en konflik toegeneem het, net omdat hulle mekaar se kulture nie geken en verstaan het nie – of wou ken en verstaan nie – is legio.

Last modified on

Posted on
Bid vir Suid-Afrika: Dag 15

Ou manier van dink

Skrifgedeeltes vir nadenke: Rom. 12:1–2; 2 Kor. 5:17; 10:4–6; Kol. 3:8–10; Fil. 4:7–8; Heb. 4:12.

Een van die probleme wat ons op pad na versoening moet hanteer, is die feit dat baie mense – baie keer onsself ook – vasgevang sit in ou denkpatrone en paradigmas. Soos pa en ma gedink het, dink ek ook! Wat vir hulle goed was, is vir my ook goed. Natuurlik is ons geskiedenis en ons tradisies vir ons baie belangrik. Ons is trots op ons wortels! Maar ons moet ook leer om aan te pas. Nuwe situasies vra nuwe denke en denkpatrone. Wanneer ons met mense uit ons eie geledere maar ook met dié uit ander groepe aan die praat raak oor ons land en oor alles wat in ons land op ons wag, die nuwe paaie waarop ons moet leer om saam te loop, sal ons dikwels daarmee te make kry: mense verander nie graag nie!

Last modified on

Posted on
Bid vir Suid-Afrika: Dag 14

Die jeug is in opmars

Skrifgedeeltes vir nadenke: Gen. 17:7; Eks. 20:12; Ps. 119:9; Pred. 12:1; Jer. 1:4–10; Mal. 4:6; Hand. 2:1–18; 1 Tim. 4:12.

Op pad na Soweto, 16 Junie, herdenk ons veral die rol wat jongmense en kinders veertig jaar gelede gespeel het om die onregverdige apartheidsbestel in ons land tot ’n einde te bring. Na vier dekades is dit weer nodig om na die rol van die jeug te kyk. Navorsers berig dat die spanning tussen die geslagte in ons tyd aan die groei is.

Last modified on

Posted on
Bid vir Suid-Afrika: Dag 13

Vervreemding

Skrifgedeeltes vir nadenke: Ps. 146; Deut. 32:4; Jes. 1:16–17

Een van die vrugte van ons apartheidsverlede – sowel as van alles wat op die oomblik in ons samelewing afspeel – is die feit dat groot groepe mense in ons land vereensaam en uitgestoot voel. Die lewe het by hulle verbygegaan. Dit lyk asof baie die vrugte van die stryd teen apartheid gepluk het, maar hulle het niks daarvan gesien nie. Die frustrasie en die moedeloosheid kook oor! Dieselfde geld vir honderdduisende jong mense wat drome gedroom het oor die nuwe land, oor wat dit alles vir hulle inhou, en nou vind hulle hulself op die hoeke van strate, honger, net so moedeloos en baie sinies oor wat hul leiers, met baie woorde, aan hulle beloof het.

Last modified on

Posted on
Bid vir Suid-Afrika: Dag 12

Die monster van rassisme

Skrifgedeeltes vir nadenke: Gal. 5:1–15; 28–39; Hand. 17:26–28; Ef. 2:13–16; 3:14–15.

Die monster van rassisme is nog lank nie nek omgedraai nie! Met die aanbreek van die nuwe Suid-Afrika het ons almal gedroom van ons nuwe land, van die reënboogland, waar wit en swart en bruin nie meer gaan saak maak nie, waar mense oor alle rassegrense heen na mekaar gaan uitreik, dat ons mekaar nuut sal ontdek en geniet. Plek-plek gebeur dit, by die werkplek, in gesinne, op skoolbanke, ook in kerke. Maar die wrede werklikheid is dat daar nog altyd rassisme en rassevooroordeel in ons land is. Jy sien dit op straat, jy hoor dit in gesprekke om jou, jy ervaar hoe dit dikwels vir politieke gewin aangeblaas word. Soms skrik jy vir die oorblyfsels van rassisme in jou eie hart! 

Last modified on

Posted on
Bid vir Suid-Afrika: Dag 11

Wantroue

Skrifgedeeltes vir nadenke: Ps. 20:7; Ps. 25:2; Ps. 40:3–4.

Een van die grootste hekkies wat ons op ons versoeningspad moet oorkom is dié van wantroue en agterdog. Deur baie jare heen is die Suid-Afrikaanse gemeenskap verskeur en in groepe verdeel: swart, wit, bruin en Asiër. Ons het baie min met mekaar te doen gehad, elke groep het sy eie pad gegaan. Doodgewone menslike kontak, was daar min. 

Last modified on

Posted on
Bid vir Suid-Afrika: Dag 10

Onreg in die samelewing

Skrifgedeelte vir nadenke: Hos. 10:12–13; Deut. 32:4; 2 Kron.19:6–7; Jes. 1:16–17; Jer. 22:13–14; Eseg. 18:21–24; Amos 5; Luk. 6:20–26; 12:14; Ps. 146.

Ken jy die mooi verhaaltjie van die man wat sy werkgewer se goue pen gesteel het? Hy het gedink dat die baas so ryk is dat hy dit nie eers sal agterkom nie. Min het hy geweet hoe hy die wêreld omgekrap het! Die werkgewer was ontsteld. Sy vrou wat die pen as ’n troudag-geskenk gekoop het was woedend. Die kantoorwerkers het mekaar verdink. Almal was gespanne en kort van draad. Baie verleë het die skuldige aan sy baas se deur geklop. “Meneer,” het hy gesê, “ek is die skuldige. Ek wou my hele lewe al so ’n mooi pen gehad het. Ek het gedink u sal dit nie eers mis nie. Maar ek besef dit was baie verkeerd en ek isbaie jammer daaroor. Sal u my asseblief vergewe?” Die baas was baie verlig en het opgestaan en die man omhels: ”Ek is so bly dat die saak uiteindelik opgelos is. Nou sal daar weer vrede by die huis én op kantoor wees. Natuurlik sal ek jou vergewe!” Toe die skuldige baie dankbaar by die deur uitstap, het die baas hom egter voorgekeer. Hy het sy hand uitgesteek “Ek is nie meer kwaad nie en ek het jou vergewe – maar kan ek asseblief my pen terugkry?” 

Last modified on

Posted on
Bid vir Suid-Afrika: Dag 9

Bang vir die waarheid

Skrifgedeeltes vir nadenke: Joh. 8:32; 14:6,16–17; 17:17; 18:37–38; Ps. 43:3.

In oorlogstye, so word dikwels vertel, is die waarheid die heel eerste slagoffer. Dis ongelukkig ook waar ná die konflik, as vrede gemaak moet word. In ons eie land, met die aanbreek van die nuwe Suid-Afrika, was daar baie wat gesê het: “Maak die boeke toe! Dis nie nou tyd om ou koeie uit die sloot te grawe nie!” Maar dis verkeerd. Die eerste voorvereiste vir versoening is dat ons mekaar in die oë sal kyk en die waarheid met mekaar sal praat. “Natuurlik wil ons almal graag die boeke toemaak en aangaan met ons lewens,” het Desmond Tutu gesê. “Maar ons moet hulle eers behoorlik oopmaak – en dan sal ons hulle ook behoorlik kan toemaak!” 

Last modified on

Posted on
Bid vir Suid-Afrika: Dag 8

Vader, vergewe ons …

Skrifgedeeltes vir nadenke: Mat. 6:12–15; 18:28–35; Ps. 103:8–16; 1 Joh. 1:9; Kol. 3:12–13.

Nou die dag by ’n Bybelstudiebyeenkoms het een van die vroue ernstig én heel eerlik opgemerk: “Ek hou van die ‘Onse Vader’ en ek bid dit graag. Maar die gebed maak my nogal bang.” Sy het verduidelik: “Dis wonderlik om te mag vra dat God ons oortredings sal vergewe en dis heerlik om te weet dat Hy dit doen. Maar die tweede helfte van die gebed laat my skrik: ‘Vergeef ons, soos ons ook dié wat teen ons oortree vergewe.’ Ek sukkel so om daarby uit te kom, veral wat party mense betref!” 

Last modified on

Posted on
Bid vir Suid-Afrika: Dag 7

Om jou sonde te bely

Skrifgedeeltes vir nadenke: Ps. 51:1–21; 2 Kro. 4:13–14; Dan. 9:4–12; Neh. 1:4–7; Luk. 19:1–10.

Sonder egte berou en skuldbelydenis is daar nie sprake van versoening en vrede nie. Waar dinge verkeerd geraak het, waar sonde en ontrou wonde gelaat het, moet dit met ’n opregte hart bely word. Op die pad van versoening gebeur dit van tyd tot tyd dat jy ander mense moet help om hulle skuld raak te sien en te bely – en om vergiffenis te vra. Maar vóór dit kan plaasvind, moet ons elkeen self voor die spieël gaan staan, om ons eie ongehoorsaamheid en sonde te erken en te bely.

Last modified on

Posted on
Bid vir Suid-Afrika: Dag 6

My lewe op die altaar

Skrifgedeeltes vir nadenke: Rom. 12:1–21; Ps. 119:36; Ef. 5:2; Fil. 2:3–8.

Ludwig, Hertog von Zinzendorf (1700–1760) was ’n jong man wat baie planne vir sy lewe gehad het. Hy was ’n goeie student, ’n populêre man onder sy vriende, uit die Duitse adelstand en met konneksies op al die regte plekke. Maar op ’n dag het hy in ’n museum voor ’n groot skildery van Jesus aan die kruis te staan gekom. Hy kon hom nie wegskeur van die kruistoneel nie: die wonde, die gesig, die doringkroon. Toe val sy oë op die onderskrif wat op die raam van die skildery uitgekerf was: “Dit het Hy vir jou gedoen. Wat doen jy vir Hom?” Skielik het sy lewe vir hom sin gemaak. Alles wat hy gehad het, sy jeugdige entoesiasme, sy verbintenisse en sy rykdom, het hy aan die Here gewy. Hy het sy landgoed Hernnhut vir ’n groep vlugtelinge wat vir hulle geloof vervolg is, oopgestel. Saam met hulle het hy ’n sendingorde gestig wat deur die jare talle sendelinge na baie lande oor die wêreld gestuur het. Die heel eerste sendeling wat in 1737 na Suid-Afrika gekom het was Georg Schmidt, een van Von Zinzendorf se kollegas, wat aan die Khoi-mense in die Kaap die goeie nuus van Jesus gebring het. Op die sendingstasie wat hy gebou het, Genadendal, word die evangelie van versoening vandag nog verkondig! 

Last modified on

Posted on
Bid vir Suid-Afrika: Dag 5

Nederigheid – die gesindheid van Christus

Skrifgedeeltes vir nadenke: Fil. 2:3–11; 2 Kro.7:14; Sef. 2:3; Ef. 4:2; 5:2; Jak. 4:6–7.

Daar is een ding waaroor Jakobus, die broer van Jesus wat die leier van die eerste gemeente in Jerusalem was, baie uitgesproke was. Hoogmoedige en arrogante mense, mense wat te veel van hulleself dink, is onbruikbaar in die gemeente en ook in die koninkryk van die Here. Hy het dit sterk gestel: “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade”(Jak. 4:6–7). Iemand wat sy of haar eie eer soek, wat op ander mense neersien, kan kwalik instrumente van vrede wees. Paulus het daarmee saamgestem. Die heel beste voorbeeld van nederigheid is Jesus Christus – en as ons Hom in ons land met al sy probleme en uitdagings wil verteenwoordig, moet ons sy voorbeeld volg. Lees gerus, biddend, Fil. 2:5–11. Dit behoort ons motto te wees! 

Last modified on

Posted on
Bid vir Suid-Afrika: Dag 4

Lig en sout – tot eer van God

Skrifgedeeltes vir nadenke: Mat. 5:13; Rom. 12:1–7; Ef. 3:14–20.

Op Dag 4 van ons pelgrimstog op die pad van versoening, moet ons nog ’n keer vra: Hoekom doen ons dit? Is dit omdat ons aan die Here gehoorsaam wil wees? Of is dit die nood van ons land en ons mense wat ons dwing om iets te doen? Dis albei goeie redes, maar die heel eerste en beste rede is, omdat ons God wil verheerlik. Dit, leer die Bybel ons, is die hoofdoel van ons lewe: om deur alles wat ons dink en sê en doen, sy Naam groot te maak. Onthou jy Jesus se woorde aan sy volgelinge? “Julle is die sout van die aarde … julle is die lig vir die wêreld. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is verheerlik (Mat. 5:13vv). Vir veertig dae word ons as gelowiges opgeroep om te bid en te werk vir versoening. Dit vra opoffering en tyd. Maar ons doen dit graag en met oorgawe, omdat ons God daardeur verheerlik. Jesus se naam moet met groot letters dwarsoor ons land geskryf word! 

Last modified on

Posted on
Bid vir Suid-Afrika: Dag 3

Omdat God ons gestuur het!

Skrifgedeeltes vir nadenke: 1 Sam. 15:22; Jes. 6:1–8; 1 Joh. 5:2; Heb. 5:7–9.

Op die derde dag van ons gebedsreis is dit nodig dat ons vir mekaar vra: Waarom doen ons dit? Dis nie net óns wat die vraag vra nie, mense om ons, partykeer mense wat krities is oor wat ons doen en sê, wil óók weet: Wie gee julle die reg? Dink julle nie te veel van julleself dat julle alles in ons land wil regmaak nie? Wie het julle die opdrag gegee? Op wie se gesag praat julle? Op al die vrae is daar net een antwoord: God het ons gestuur! Ons kan nie anders as om aan Hom gehoorsaam te wees nie. 

Last modified on

Posted on
Bid vir Suid-Afrika: Dag 2

Die twee balke van die kruis

Skrifgedeeltes vir nadenke: Lev. 19:17–18; Mat. 5:22–24; 22:39; Ef. 2:14–16; Kol. 3:11–15.

Kyk gerus weer ’n keer na die kruisie wat jy om jou nek dra, of na die kruis op die voorblad van jou Bybel. Die kruis van Jesus het twee balke, ’n horisontale en ’n vertikale. Deur al die eeue het Christene dit só verstaan: Die regop (vertikale) balk vertel vir ons dat God vanuit die hemel na ons mense op aarde uitgereik het, dat Hy ons met Homself versoen het. Die dwars (horisontale) balk vertel vir ons dat ons as mense ook met mekaar versoen kan word. Deur Christus se dood is ons aan God én aan mekaar verbind. In ons Bybellees en gebed gaan dit vandag oor die tweede balk, oor die wonder daarvan dat Christus dit deur sy dood moontlik gemaak het dat ons na ons medemense kan uitreik – ook na die wat ver van ons is, mense wat van ons verskil, selfs mense wat ons kwaad aangedoen het en wat ons bedreig. 

Last modified on

Posted on
Bid vir Suid-Afrika: Dag 1

God is die groot Brugbouer

Skrifgedeeltes vir nadenke: Jes. 1:18; Hos. 14:1; Rom. 5:18–21; 2 Kor. 5:18–21; Kol. 1:21–22.

Ons land is aan die brand! Baie van die ideale wat ons vir die nuwe Suid-Afrika gekoester het, lê aan skerwe. Die kleure van die reënboogland, so wil dit voorkom, is besig om te verdof. Daar is spanning en onrus in die samelewing; daar is geweld in die strate. Daar is misverstand en verwydering tussen mense. Rassisme en xenofobie is aan die orde van die dag. Meer as enigiets het ons versoening in ons land nodig; het ons nodig dat brûe oor die baie klowe wat ons van mekaar skei, gebou moet word. Vir die volgende veertig dae gaan gelowiges dwarsdeur ons land – en ook in die buiteland – bid vir vrede in Suid-Afrika. Maar wie gaan die voortou neem? Wie gaan die versoening bewerkstellig? Wie gaan die brûe bou? Watter leier gaan opstaan op dit te doen? Watter groep mense gaan dit waag om in die strate uit te beweeg om vrede te maak?

Last modified on
Versoeningsveldtog – Sing ʼn nuwe (Suid-Afrika) lied!

Die kerke van Suid-Afrika, in samewerking met organisasies wat die leiers van die jeugopstande van 1976 en die diensplig-generasie verteenwoordig, beplan die Sing ʼn nuwe (Suid Afrika) lied!- versoeningsveldtog met die doel om eenheid te bevorder en genesing in ons land te bewerkstellig. Die inisiatief vorm deel van die oorkoepelende proses waarmee die Suid Afrikaanse Raad vir Kerke en haar lidkerke op reis is – Die Suid-Afrika waarvoor ons bid!

Last modified on

Posted on
Sendeling in die Werksplek

So baie maal hoor ons die woorde: “Die omstandighede en situasie by die werk veroorsaak dat ek nie my geloof met ander mag deel nie.” Wat moet ons as Christene in hierdie situasie doen? Moet ons ʼn lae profiel handhaaf, so probeer leef dat ander God in ons kan raaksien (nogal nie altyd so maklik nie!)? Of moet ons openlik wees oor wie ons is en wat ons glo?

Last modified on

Posted on
Die Hawelose-ete

As jong meisie is Fransien deur ʼn gesinslid gemolesteer. Die veilige vesting van haar ouerhuis het verander in ʼn tronk van gruwels waaruit sy moes vlug. Vir twintig jaar het sy as hawelose geveg om aan die lewe te bly – verwerp en gestroop van alles wat haar mens gemaak het. Sy het onder die rivierbrug gebly waar sy honger dae en koue nagte moes deursukkel met weinig meer as die klere aan haar lyf en die hoop op ʼn beter toekoms.

Last modified on

Posted on
Men’s World Day of Prayer – The importance of Prayer

Why is it sometimes so difficult to pray to God? When we go through a season of spiritual drought, our prayer life is often the first Christian discipline we neglect. And the less we pray the more difficult and awkward it becomes. Looking at the heroes of faith in the Bible, and especially the example set by Jesus, I must admit that prayer does not always get the attention and priority it deserves in my own life.

These three truths may help us to focus our minds on the purpose of connecting with God through prayer:

Last modified on

Christian Literature Fund
Copyright © CLF 2018 |  Website by: GHYD